Centurion

Gemeenskapsfees


27

September

2025| 05:00 – 22:00

Voortrekkermonument

Ons is feesgereed!

Maak gereed vir hope pret, opwinding en saamkuier soos net Centurion dit kan doen! Die Centurion Gemeenskapsfees bring mense bymekaar met iets vir elke ouderdom – kuier van vroeë oggend tot laataand.

Wat wag op jou?

Projek Feesgereed

Sluit by ons aan terwyl ons die volle potensiaal van die Voortrekkermonument ontsluit en dit ’n dinamiese sentrum maak vir indrukwekkende buitelugervaringe. Die trotse organiseerders van die Centurion Gemeenskapsfees het hierdie projek die lig laat sien, wat net weer eens bewys wat ons kan doen as ons saamstaan as ’n gemeenskap.

Hierdie projek behels die voorbereiding en optimalisering van die perseel sodat dit nie net geskik is vir enige feeste, optredes en geleenthede nie, maar ook ’n warm en verwelkomende atmosfeer bied vir alle besoekers. Met hierdie inisiatief wil ons die Voortrekkermonument posisioneer as ’n dinamiese ruimte waar ons erfenis met trots gevier kan word – of dit nou tydens nasionale feeste, kultuurbyeenkomste of gemeenskapsvieringe is.

Saam bou ons nie net aan ’n geskiedkundige ruimte nie, maar ook aan ’n lewendige toekoms vol saamwees, tradisie en trots.

Ons doel is om die Voortrekkermonument in ’n top-buitelugbestemming te omskep. Die projek is daarop gemik om die infrastruktuur op die perseel van die Voortrekkermonument te verbeter, sodat dit ’n veelsydige en toeganklike ruimte word, perfek vir groot buitelugvertonings, konserte en kulturele feeste. Verbeterde fasiliteite, veiligheidsmaatreëls en moderne geriewe sal ons in staat stel om onvergeetlike geleenthede te hou wat kultuur, vermaak en die gemeenskap vier. Word saam met ons deel van hierdie geskiedkundige projek terwyl ons die volle potensiaal van die Voortrekkermonument ontsluit en dit ’n lewendige sentrum maak waar mense uitsonderlike buitelugervaringe kan beleef en geniet wat hulle nog lank sal onthou!

Borge

Ons borge maak graag ’n verskil in die gemeenskap.

Dankie aan al ons borge wat ons hande in die gemeenskap sterk maak:

  • Nashua
  • Bitter Lekker
  • Voortrekkermonument
  • Ontbytsake
  • PretoriaFM
  • AfriForum
  • Centurion Gemeenskapsforum
  • Wanatu
  • Solidariteit Helpende Hand – Groter Centurion-streek
  • Helpende Hand Studietrust
  • Spur
  • AquaEnergy
  • Knox
  • Solidariteit
Bitter Lekker
Voortrekkermonument
Nashua
Pretoria FM
AfriForum
Wanatu
Solidariteit Helpende Hand – Groter Centurion-streek
Helpende Hand Studietrust
OntbytSake
Spur
AquaEnergy
Knox
Solidariteit

Hardloop en bergfiets

Roetes

Pretloop

  • 5 km – R50
    10km – R140
    15km – R160  

    Teer tot Taktiek
    Kom stap of draf saam in ’n ontspanne, gesinsvriendelike pretloop! Net voor jy dink dit raak te lank, is daar ’n paar waterpunte om die pad makliker (en lekkerder) te maak! Trek jou tekkies aan en bring sommer die hele gesin saam vir vars lug en goeie gees.
    NOTA: Die roete is teer en grondpad. Neem asb kennis dat die 10KM en 21 KM nie geskik is vir rolstoele en waentjies nie.

    *Tydhouers is beskikbaar teen R20 per persoon

Bergfiets

Kom ry saam in ’n avontuurlustige, gesinsvriendelike bergfietsrit by die Voortrekkermonument.
Of jy nou stadig trap of vol spoed jaag – dis alles oor die lekker saamkuier in die natuur. Pak jou fiets, trek jou helmet aan en bring die hele gesin saam vir vars lug, opwinding en ’n rit om te onthou. Daar is die volgende afstande beskikbaar:

15km kindervriendelike roete – R120
30km – R170.00

Tydhouers is beskikbaar teen R20 per persoon

Skooltalent

Verskeie Centurion-skole bring hul beste stemme na die verhoog met energieke en hartroerende kooroptredes. Kom ondersteun ons kinders en geniet musiek wat die gees van ons gemeenskap vier — van klassieke klanke tot kontemporêre treffers. Dis talent, trots en pret op sy beste!

Die volgende skooltalente is op die verhoog te sien:

  • Laerskool Wierdapark
  •  Hoërskool Eldoraigne
  • Laerskool Rooihuiskraal
  • Laerskool Hennopspark
  •  Laerskool Swartkop
  • Hoërskool Zwartkop
  • Hoërskool Centurion
  • Laerskool Louis Leipoldt

Uitleg

Skole

Ons is trots om aan te kondig dat die volgende skole deel is van die Gemeenskapsfees.

Klik op jou skool om kaartjies na die gemeenskapsfees te koop:

Centurion-skole se studiefonds

Centurion, wil jy deel wees van ’n nalatenskap van hoop?

  1. Ondersteun die Centurion Gemeenskapsfees – jou deelname dra by tot die fonds! Koop jou kaartjie hier: https://itickets.co.za/events/483317
  2. Skenk aan ons studiefonds en help ’n jongmens studeer.
  3. Deel hierdie boodskap met jou vriende en netwerke!

Saam bou ons ’n sterker Centurion van hoop!
Help ’n jongmens om aan ’n beter toekoms te bou!
Ondersteun die Centurion-skole se studiefonds

Het jy geweet?

Die Centurion-skole se studiefonds bied rentevrye studielenings aan verdienstelike jongmense uit ons eie gemeenskap: leerders van Afrikaanse skole in Centurion wat nie die finansiële vermoë het om hul tersiêrestudiedrome te verwesenlik nie.

Hierdie fonds word moontlik gemaak deur:

  • opbrengs uit die Centurion Gemeenskapsfees
  • skenkings van persone, sakeondernemings en organisasies

Elke skenking maak ’n verskil! Die fondse word herwin: Wanneer studente hul lenings terugbetaal, help dit weer die volgende jong student. So kan ons vir seker dat die kinders van Centurion op ’n volhoubare wyse bemagtig word.

#CenturionStaanSaam #Studiefonds #GeeTerug #Toekomsbouers #Gemeenskapsfees2025

Hoe kan jy ’n bydra maak?

Die Helpende Hand Studietrust

Bank: FNB

Rekeningno.: 62331447541

Takkode: 261550

Verwysing: Gemeenskapsfees

Swift-kode: FIRNZAJJ

Dankie dat jy ’n verskil in jou gemeenskap maak!

#CenturionStaanSaam #Studiefonds #GeeTerug #Toekomsbouers #Gemeenskapsfees2025